Kan ’n kind kies waar hy/sy wil woon?

29 August 2013 ,  Magdaleen de Klerk 3788

Daar is geen voorsiening in die Suid-Afrikaanse regstelsel, in die sin dat daar geen bepaling in enige Wet is dat ʼn kind op ʼn sekere ouderdom kan kies waar hy of sy wil woon nie.

Die Suid-Afrikaanse regstelsel maak wel daarvoor voorsiening dat ʼn kind se insette bekom en wense in aanmerking geneem moet word in aangeleenthede wat die kind raak.  Daar word nie na ʼn ouderdomsperk in hierdie verband verwys nie, maar wel na die betrokke kind se individuele volwassenheidsgraad.

Die aangeleenthede waarna verwys word, is onder andere besluite wat waarskynlik ʼn noemenswaardige effek op die kind se lewensomstandighede, (bv. persoonlike verhoudings, woonplek, onderrig en gesondheid), sal hê.

Voorsiening word in die Grondwet, die Kinderwet, Internasionale Konvensies waarvan Suid-Afrika ʼn medeondertekenaar is, (bv. die “United Nations Convention on the Rights of the Child” en die “African Charter on the Rights and Welfare of the Child”), asook in die regspraak hiervoor gemaak.

Artikel 10 van die Kinderwet bepaal in hierdie verband as volg:

“Every child that is of such an age, maturity and stage of development as to be able to participate in any matter concerning that child has the right to participate in an appropriate way and views expressed by the child must be given due consideration.”

Artikel 31(1)(a) van die Kinderwet bepaal:

“Before a person holding parental responsibilities and rights in respect of a child takes any decision contemplated in paragraph (b) involving the child, that person must give due consideration to any views and whishes expressed by the child, bearing in mind the child’s age, maturity and stage of development."

Artikel 12 van die “United Nations Convention on the Rights of the Child” bepaal:

“1. States Parties shall assure to the child who is capable of forming his or her own views the right to express those views freely in all matters affecting the child, the views of the child being given due weight in accordance with the age and maturity of the child.

2. For this purpose, the child shall in particular be provided the opportunity to be heard in any judicial and administrative proceedings affecting the child, either directly, or through a representative or an appropriate body, in a manner consistent with the procedural rules of national law.”

Artikel 4(2) van die “African Charter on the Rights and Welfare of the Child” bepaal as volg:

“In all judicial or administrative proceedings affecting a child who is capable of communicating his/her own views, an opportunity shall be provided for the views of the child to be heard either directly or through an impartial representative as a party to the proceedings and those views shall be taken into consideration by the relevant authority in accordance with the provisions of appropriate law.”

Die Grondwetlike Hof het Artikel 28(1)(h) van die Grondwet (wat vir ‘n kind se reg op regsverteenwoordiging voorsiening maak) uitgelê as die verlening van ‘n reg aan ‘n kind om gehoor te word.

  1. In die Hofsaak van Ex Parte Van Niekerk, het die Hof verlof aan twee minderjarige kinders, (wie onderskeidelik 13 en 11 jaar oud was), verleen om as partye in ’n aansoek wat hulle Vader geloods het om kontak met hulle te verkry, toe te tree.  Die Hof is by magte om kinders as partye in verrigtinge wat hulle belange raak, te voeg.  Daardeur word ’n beter geleentheid aan die kinders gebied om aan die verrigtinge deel te neem.
  2. In die Hofsaak van Minister for Education teen Pillay het die Hof beslis dat regsgedinge met betrekking tot kinders dikwels die kinders uitsluit en dat dit aan die volwassenes oorgelaat word om besluite namens hulle te neem.  Die noodsaaklikheid vir kinders om gehoor te word is groter waar dit die belange van ’n 15-jarige kind behels, wie toenemend verantwoordelikheid vir haar eie dade en sienswyses moet aanvaar.
  3. In die Hofsaak van Lubbe teen Du Plessis het die Hof beslis dat dit noodsaaklik vir ’n voorsittende beampte is om die wense van kinders in aanmerking te neem ten einde ’n ingeligte besluit ten aansien van wat in die kinders se beste belang is, te neem.

Ten slotte:

Die wense van ‘n kind is dus ’n faktor wat, (tesame met ander relevante faktore), by die bepalings van wat in ‘n kind se beste belang is, in aanmerking geneem moet word.

ʼn Kind kan dus nie kies waar hy/sy wil woon nie, maar die kind se insette moet in ag geneem word.

Tags: Family, Marriage
Share: